Flash 8 required
Home Nuus Skakels Soek
Banner
 
 
 
   
Se jou se
Wat dink jy van Afrikaanse Musiek
 

.
  • Nuutste
  • Meeste gelees
  • Nuusflits
Louis Fivaz
Louis Fivaz
...
Lees meer... 475 Hits 0 Ratings
LIZA BRONNER, betower elk...
LIZA BRONNER, betower elke keer
Liza Bronner se nuwe CD is vanaf einde September landwyd beskikbaar en met ‘n titel soos Vir eers is dit net ek gee sy sommer dadelik haar aanhangers...
Lees meer... 457 Hits 0 Ratings
Nuwe Webtuiste
Nuwe Webtuiste
Welkom by die nuwe Ons vir jou Suid Afrika webtuiste. Hou vas, dit gaan net beter raak... Ons gaan binnekort 'n paar lekkerhede launch soos...
Lees meer... 6982 Hits 0 Ratings
WIN Almay hampers valued ...
WIN Almay hampers valued at R1000
To WIN one of 3 Almay hampers valued at R1000 each (including a complete set of Bio Organics) go to...
Lees meer... 5972 Hits 5 Ratings

Welkom by die nuwe Ons vir jou Suid Afrika webtuiste. Hou vas, dit gaan net beter raak... Ons gaan binnekort 'n paar lekkerhede launch soos forums,  fotos en vele meer. Geniet dit

Banner
.
LIZA BRONNER, betower elke keer PDF Print E-mail
User Rating: / 0
PoorBest 

Liza Bronner se nuwe CD is vanaf einde September landwyd beskikbaar en met ‘n titel soos Vir eers is dit net ek gee sy sommer dadelik haar aanhangers ‘n voorsmakie van wat hulle te wagte kan wees! Agter Liza se sprankelende persoonlikheid en asemrowende glimlag kruip daar ‘n baie sagte hart weg, en dit word in haar musiek gereflekteer – dis vrolik, hartseer en speels, maar as jy tussen die lyne lees is daar beslis ‘n dieper boodskap vir die luisteraar.

 


 

Die nuwe CD bevat ‘n paar lekker ritmiese en opbeurende liedjies soos ‘Alles in ‘n hartklop’ (wat ook haar eerste musiekvideo is) en ‘Sewentien’. Kombineer dit met ‘n paar ballades soos ‘Vreemdeling’, ‘Baie lief vir jou’ en ‘Vir eers is dit net ek’ en die eindproduk is ‘n album wat jou knieë lam maak. Met dié album het Liza ook vir die eerste maal haar hand aan ‘n paar oorspronklike komposisies gewaag en dit beloof om haar aanhangers gaande te hê!

Die produksie was in die bekwaamde hande van vervaardiger Johan Rautenbach (Bobby van Jaarsveld, Eden, Bok van Blerk, Lianie May en vele ander sterre).  Ander verrassings sluit in die duet met Cindy Alter (van Clout-faam) met haar oorspronklike treffer ‘Substitute’ en die duet met ‘Liza se Ricci’!

Ricci is natuurlik die bekende musikant en sanger Ricus Nel, en met dié liefde gaan dit ‘great’, volgens Liza. Maar Ricus (en musiek natuurlik) is nie die enigste liefdes in haar lewe nie – Liza is net so mal oor kinders soos hulle oor haar, en haar betrokkenheid by liefdadigheid is vir Liza tweede natuur.

Met drie CD’s op die rakke; verskeie nominasies vir musiektoekennings; gereelde optredes; vele rooitapyt-verskynings, ‘n nuwe plaatemaatskappy (HIT Records) asook al haar aanhangers, is Liza Bronner sonder twyfel reg vir die nuwe fase in haar loopbaan. Sy is meer volwasse en gevestig, en die nuwe CD sal beslis alle “onbekeerdes” na haar vertonings lok! Liza Bronner is hier om te bly, en soos ‘n goeie rooiwyn raak sy net beter en beter!

Vir meer inligting besoek Liza se webtuiste by www.lizabronner.co.za of haar Facebook-bladsy by https://www.facebook.com/pages/Liza-Bronner/48061624700 of skakel haar bestuurder Belinda by 000 0000 000 of besoek HIT Records aanlyn by www.hitrecords.co.za

 

 

 
Banner
Banner

Banner
 
       
Banner
Banner
Website by Design4U and Hosting by InterImage Hosting.com