Flash 8 required
Home Nuus Skakels Soek
Banner
Banner
 
 
 
   
Se jou se
Wat dink jy van Afrikaanse Musiek
 

.
  • Nuutste
  • Meeste gelees
  • Nuusflits
Louis Fivaz
Louis Fivaz
...
Lees meer... 756 Hits 0 Ratings
LIZA BRONNER, betower elk...
LIZA BRONNER, betower elke keer
Liza Bronner se nuwe CD is vanaf einde September landwyd beskikbaar en met ‘n titel soos Vir eers is dit net ek gee sy sommer dadelik haar aanhangers...
Lees meer... 734 Hits 0 Ratings
Nuwe Webtuiste
Nuwe Webtuiste
Welkom by die nuwe Ons vir jou Suid Afrika webtuiste. Hou vas, dit gaan net beter raak... Ons gaan binnekort 'n paar lekkerhede launch soos...
Lees meer... 7435 Hits 0 Ratings
WIN Almay hampers valued ...
WIN Almay hampers valued at R1000
To WIN one of 3 Almay hampers valued at R1000 each (including a complete set of Bio Organics) go to...
Lees meer... 6406 Hits 5 Ratings

Welkom by die nuwe Ons vir jou Suid Afrika webtuiste. Hou vas, dit gaan net beter raak... Ons gaan binnekort 'n paar lekkerhede launch soos forums,  fotos en vele meer. Geniet dit

Banner
.
Louis Fivaz PDF Print E-mail
User Rating: / 0
PoorBest 

Wat die hart van vol is - Louis Fivaz Louis Fivaz het geen bekendstelling nodig nie - met sy nuutste en vierde uitreiking bewys hy weereens presies watter bestendige en ervare kunstenaar hy is. Louis is nog altyd ‘n kunstenaar wat met emosies kan speel, en met Wat die hart van vol is maak hy weer sy aanhangers se harte sag.

Wat die hart van vol is bestaan uit sestien snitte waarvan twaalf oorspronklike en splinternuwe liedjies uit Louis se eie pen is. Die nuwe CD, vervaardig deur die ervare Andre Hartman (Juanita du Plessis-faam), is oor ‘n lang tydperk opgeneem. Elke snit is verwerk, bewerk, herdink en gemeester om dit tot sy volle reg te laat kom.

Louis het twee jaar lank aan die nuwe album geskryf en terselfdertyd ‘n blaaskans geneem van al sy vele verantwoordelikhede as vooraanstaande besigheidsman; Centurion Sakekamer-voorsitter en familieman: “Die tyd is ook gevat om myself weer te vind en om te bepaal hoekom ek musiek wil maak.”

In dié twee jaar het Louis ook ander veranderinge gemaak – hy het sy voorkoms verander en besluit om kragte met ‘n nuwe plaatemaatskappy, HIT Records, saam te span. Die samewerking sorg vir ‘n unieke eindproduk: “Louis se album pas beslis in geen spesifieke boksie nie - jy hou daarvan of nie, maar een ding kan jy nie ontken nie… dis eerlik.”

Die CD se klank is nuut en vars, maar herinner sterk aan ou legendes soos Gé Korsten - tydloos en klassiek, met ‘n sterk melodie en harmonie. Louis se woordspel en sosiale kommentaar vleg soos ‘n draad deur die album en min aanhangers gaan nie geraak word deur sy wonderlike subtiliteit nie. Benewens al die nuwe snitte is daar ook vier nuwe opnames van ou treffers soos Sunnyside. Voorwaar ‘n heerlike verskeidenheid.

Vir meer inligting besoek Louis se webwerf by www.louisfivaz.co.za of kontak sy agent Carin …. Of besoek die HIT Records webtuiste by www.hitrecords.co.za
 
Banner
Banner

Banner
 
       
Banner
Banner
Website by Design4U and Hosting by InterImage Hosting.com